Be Part of the Family

Management

COProductions

Tel: 012 751 3601

corne@coproductions.co.za

Press Contact

Starburst Promotions

Tel: 083 635 4717

admin@starburst.co.za

2020 Reynardt Hugo

 

Instagram

Hallo julle!!

My naam is Reynardt Hugo en welkom by my webblad!!

So hier is my storie...

Ek is in Durban gebore en het grootgeword in Phalaborwa en Pretoria en het in 2004 gematrikuleer aan die Hoërskool Zwartkop. In 2005 het ek Drama gaan swot aan die Universiteit van Pretoria en in 2007 my graad voltooi. Gedurende hierdie tyd het ek verskeie produksies gedoen o.a. Deon Opperman se Boesman my seun, Pantagleize en Anna Frank asook musiekblyspele soos Smokey Joe's Café en Aint Misbehavin. Ek het ook my eerste Amerikaanse televisiereeks genaamd Life is Wild gedoen saam met Atandwa Kani en Amanda Du Pont.

In 2008 was ek deel van die musiekblyspel Houtkruis en dit is in Mei daardie jaar wat ek die rol losgeslaan het in die immergewilde kykNET sepie Binnelanders as Dokter Tertius Jonker. In 2011 is ek die medestigter van die musiekgroep ADAM en spog met 6 albums. Ons spog ook met verskei toekennings. n SAMA vir beste afrikaanse pop album en 5 Ghoema toekennings vir nuweling van die jaar, groep van die jaar, liedjie van die jaar, beste album deur popgroep of duo en weer groep van die jaar. In my tydperk saam met ADAM het ons die land vol gereis, ons het geopen vir die internasionale groep Air Supply en ons dagboek was vol van feeste!!

Na 9 wonderlike jare het ek besluit om die groep vaarwel te roep.

Wat hou 2020 vir my in? Ek begin my loopbaan as solo kunstenaar en bring my eerste enkelsnit en musiekvideo uit. Ek trou met die liefde van my lewe en ek is ook opgewonde om mee te deel dat ek besig is om aan n boek te skryf wat uitgegee sal word deur NB Uitgewers. Die datum is nog n geheim En kykers hoef nie bekommerd te wees nie, ek bly nogsteeds deel van die Binnelanders familie.

Kry jou op die langpad!!

Reynardt

Sponsors